• REËLS

    • Die nakoming van reels is ononderhandelbaar. Reels moet streng nagekom word sonder uitsondering en geen reel kan deur die dagbestuur of komitee verander word nie.

    • As ons belangrikste rolspeler vereis die skool dat die volgende addisionele reels nagekom word.

      • Dit is belangrik om verder hier te meld dat slegs reen of n natveld, gronde sal wees om n wedstryd te skuif. Die twee spankapteine wat geaffekteer raak deur die weer moet op n datum ooreenkom binne 3 weke van die aflassing van die wedstryd, om die geaffekteerde wedstryd oor te speel. Die datum moet aan die dagbestuur gekommunikeer word en moet deur die skool by monde van CJ goedgekeur word. Versuim om die wedstryd binne 2 weke te speel sal tot die gevolg he dat die wedstryd verval en beide spanne sal 2 punte deel.

  • In uitsonderlikke gevalle, met die instemming van beide spanne, die dagbestuur en die skool, kan daar gepoog word om geaffekteerde wedstryde na n Saterdag toe te skuif.

  • Dit sal verder sinvol wees om enige dag wedstryd op n Saterdag op die B veld te speel om die A veld n geleentheid te gee om te herstel. Saterdag wedstryde word dus aangemoedig deur die dagbestuur en die skool, met betrekking tot oorspeel wedstryde.

  • Dit is van kardinale belang dat elke span die kolfblad- bestuur as n prioriteit beskou. Die “A” rugbyveld dra baie verkeer en dus was die volgende besluit.

  • 4 kolfbaaie gaan langs mekaar uitgele word deur CJ. CJ sal verder besluit op watter kolfblad daar gespeel sal word vir n spesifieke week. Al die wedstryde van n spesifieke week (maks 3) sal op dieselfde kolfblad gespeel word. Die daaropvolgende week sal CJ n nuwe kolfblad identifiseer vir gebruik. Die tuisspan moet seker maak by die dagbestuur op watter kolfblad gespeel word vir die spesifieke week.

  • Die Hoërskool-nette is slegs vir die gebruik van die aandliga spanne geallokeer na 5 uur die middag. Aangesien die nette op hierdie stadium nog onder konstruksie is sal daar nie ge-oefen kan word nie. Verdere inligting rondom net-oefeninge sal deurgegee word nadat nette voltooi is.

  • Die sleutel van die velde MOET as volg beheer word:
    - Sleutels word voor die tyd met die Voorsitter van die Klub opgetel word. Dit sal M. Geldenhuys wees vir die 2018/2019 seisoen.
    - Na afloop van wedstryd, moet die sleutels die volgende oggend/dag by die Waghuis by Ikhala TVET College afgegee word.
    Hierdie stelsel is in plek gestel op aanvraag van die Skool om toegang te beheer tot hulle gronde.
  • Daar mag slegs drank gebruik word waar die motors parkeer op oop stuk veld. Geen drank mag op die paviljoen gebruik word nie. Dit geld vir beide toeskouers en spelers. Alle bottels en rommel na die wedstryd moet deur die tuisspan opgeruim word. As die reel oortree word sal die span aan wie die skuldige spelers of toeskouers gekoppel word, met n -1 liga punt gestraf word. Die (AL) dagbestuur is getaak met die besluit. Wangedrag en verbreking van die reel moet aan die dagbestuur gerapporteer word. Geen drank by wedstryde waar skool span speel sal toegelaat word nie.

  • Maksimum 2 leenspelers per wedstryd kan gebruik word. In die geval van 1 Leenspeler sal die leenspeler nie boul nie, en moet laaste kolf. In die geval van 2 leenspelers geld dieselfde as bo. Altwee leenspelers sal laaste kolf, en die opposisie span mag besluit in wie se plek die 2de leenspeler moet boul
  • ‘n Leenspeler word beskou as ‘n speller wat deel uitmaak van ‘n ander span (maw, op ‘n ander span se lys verskyn) of op geen span se lys is nie.

  • Indien die bogenoemde reëls mbt leenspelers verbreek word, is dit die kaptein van die opposisie span se verantwoordelikheid om die saak aan die bestuur bekend te maak. Daar sal 1 ligapunt afgetrek word indien 'n span die reël breek, en daar 'n klagte ontvang word.

  • “Dead ball”word omskryf as n bal wat 2 keer bons voor dit die paaltjies bereik of rol op die mat. So n bal moet oorgeboul word. n Dead ball sal ook geroep word as n bal bons bo skouer hoogte van n goeie lengte af aangesien dit nie aan die bouler te wyte is nie.

  • Die Skool Span mag met 11 spelers speel, waarvan 'n maksimum van 2 "mentor" spelers mag wees. 'n Mentor Speler is 'n speler wat nie deel van die skool span vorm nie, en mag ook net een keer per seisoen as mentor speler dien.

  • ‘n” No ball” sluit in n bal wat bo oor die paaltjies sou gaan sonder dat dit bons op die kolfblad. n “No ball” sal verder geroep word as die bal bo- oor die kolwer se skouer hoogte bons. Slegs een opslag bal per kolfbeurt word toegelaat. As n bouler meer as een opslag bal n kolfbeurt boul sal hy nie toegelaat word om verder te boul in die kolfbeurt nie. No ball = 2 lopies

  • Wides word deur die staande skeidsregter geroep, en is 2 lopies, maar word nie oorgeboul nie (behalwe in laaste boulbeurt). Enige bal aan bykant sal ook 'n wide wees.

  • 'n Bal wat die Rugbypale tref sal as 5 lopies getel word, plus enige lopies agv "wide" of "no-ball" .

  • Elke span moet twee skeidsregter per wedstryd reel.

  • Sportmanskap moet deur spanne nagestreef word. “Sledging” moet uitgedeel en gevat word in die gees van die spel.

  • No balls en Wides in die laaste boulbeurt moet gemonitor en oorgeboul word.

  • 'n Bal wat van die mat af geboul word (die mat totaal mis) sal as wide aangedui word.

  • Die spanne moet die mat met respek hanteer. Dit moet die liga nog baie jare hou. GEEN spykerskoene (spikes) mag op die mat gebruik word nie. Kriekeskoene met "studs" en "soft claws" mag wel gebruik word.

  • Die tuisspan is verantwoordelik vir die uitsit en opslaan van die mat. Die spykers moet so ingekap word om nie die mat te beskadig nie.

  • Onderbreking van spel (reën, ligte, krag):

    Span wat 1ste kolf het tot 20:30 om hulle beurt te voltooi, met 'n minimum van 10 beurte wat gekolf moet word.

    Span wat 2de kolf moet die totaal van die 1ste beurt suksesvol behaal deur die formula te gebruik soos met totale onder 150 lopies.

  • Wedstryd en Bonuspunte:
    3 punte word toegeken aan die wen span
    Indien daar 'n span is wat moet uitstel/onttrek agv te min spelers vir 'n betrokke wedstryd sal daar 5 punte aan die opponente toegeken word (24/01/2019)
    1 punt word aan elke span toegeken in die geval van 'n gelykop of geen-uitslag wedstryd
    1 Boul Bonuspunt word toegeken indien jy die opposisie uitboul (7 paaltjies en 10 paaltjies teen ANHS)
    1 Kolf Bonuspunt word toegeken indien 'n span meer as 150 lopies aanteken. Indien die span wat 1ste kolf nie 150+ lopies aanteken nie, moet die volgende berekening gebruik word om die hoeveelheid boulbeurte te bepaal waarin hulle die lopies moet kry, om die kolf bonuspunt to kry.